Galatians 5:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat ons nie begerig wees na ydele heerlikheid, en mekaar uittart, mekaar beny nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons moenie te veel van onsself dink, mekaar irriteer of op mekaar jaloers wees nie.
Afrikaans 1933/1953
Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.
Afrikaans 1983
Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat ons nie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar jaloers wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons moenie hoogmoedig wees nie en ons moenie mekaar terg en jaloers wees op mekaar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kom ons hou dadelik op om so baie van onsself te dink. Ons mag nie onder mekaar stry of op mekaar jaloers wees nie.