Galatians 6:11 — Compare Translations
6 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk hoe groot brief ek met my eie hand aan julle geskryf het.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle sien aan die groot letters ek skryf nou met my eie hand.
Afrikaans 1933/1953
Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe.
Afrikaans 1983
Van hier af skryf ek eiehandig aan julle. Kyk net die groot letters!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nou skryf ek met my eie hand. Julle kan sien hoe groot die letters is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hier teen die einde van my brief het ek dit goedgedink om self die laaste paar woorde aan julle te skryf. Tot dusver het my sekretaris alles neergeskryf. Maar nou skryf ek self. Julle kan dit sien aan die groot letters wat ek maak.