Genesis 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het God gesê: Laat die aarde gras voortbring, die plante wat saad gee en die vrugtebome wat vrugte dra volgens sy soorte, wie se saad in homself is, op die aarde. En dit was so.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe beveel God: “Laat plante uit die grond voortspruit wat saad dra en ook vrugtebome wat vrugte gee.” En dit het gebeur.
Afrikaans 1933/1953
En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.
Afrikaans 1983
Toe het God gesê: “Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom, groen plante wat saad gee en vrugtebome op die aarde, wat elkeen na sy aard vrugte dra en waarvan die saad in sy vrug sit.” So het dit gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het gesê: “Die land moet groen plante laat uitspruit – gewasse wat saad gee, bome wat op die land vrugte dra, vrugte volgens elkeen se aard, vrugte waarin hulle saad is.” Dit het toe so gebeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het gesê: “Daar moet plante op die aarde groei — groen plante wat saad dra, en bome wat vrugte dra en wat saad in die vrugte dra.” Dit het toe gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het weer gepraat en gesê: “Laat die aarde sy groeikrag wys en laat daar oral welige groen plante uitkom; verskillende plante met hulle sade. Laat daar oor die hele aarde verskillende soorte vrugtebome wees.” En alles het presies so gebeur.