Genesis 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die aarde het gras voortgebring en plante wat saad gee volgens sy soorte, en die boom wat vrugte dra, waarvan die saad in homself was, volgens sy soorte; en God het gesien dat dit goed was.
Afrikaans (NLV) 2011
Die aarde het toe sulke plante voortgebring, asook vrugtebome van allerlei soorte. God het gesien dat dit goed was.
Afrikaans 1933/1953
Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
Afrikaans 1983
Die aarde het groen plante laat uitspruit wat elkeen na sy aard saad gee, en bome wat vrugte dra met die saad daarin, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die land het toe groen plante voortgebring, gewasse wat saad gee volgens elkeen se aard, en bome wat vrugte dra waarin hulle saad is, volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar het plante op die aarde gegroei — groen plante wat hulle eie saad dra, en bome wat hulle eie saad in die vrugte dra. God het gesien dit is goed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Uit die vrugbare aarde het daar oral welige groen plante opgekom, alle denkbare soorte plante. En binne-in elke plant was elkeen se saad. Daar was ook oral vrugtebome. God was baie tevrede met wat Hy rondom Hom gesien het.