Genesis 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel om die dag en die nag te skei; en laat hulle dien as tekens en vir seisoene en vir dae en jare.
Afrikaans (NLV) 2011
God het beveel: “Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel sodat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as tekens om seisoene, dae en jare te bepaal.
Afrikaans 1933/1953
En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.
Afrikaans 1983
Toe het God gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om dag en nag van mekaar te skei. Hulle moet ook as tekens dien om seisoene, dae en jare aan te dui.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om skeiding te maak tussen dag en nag. Hulle moet daar wees vir tekens en vir vaste tye, en vir dae en jare.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het gesê: “Daar moet ligte in die hemeldak wees. Die ligte moet dag en nag van mekaar skei. Die ligte moet tekens wees wat wys watter tyd dit is en wanneer die dae en die jare begin en wanneer hulle eindig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het gesê: “Laat daar ligte in die hemelruim wees sodat mense kan weet wanneer dit dag en wanneer dit nag is. Laat die ligte die mense help om die regte tyd te bepaal.