Genesis 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En laat hulle dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig op die aarde te gee; en dit het so gebeur.
Afrikaans (NLV) 2011
Die ligte in die hemelkoepel moet ook die aarde verlig.” Dit het toe so gebeur.
Afrikaans 1933/1953
Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.
Afrikaans 1983
Hulle moet ligte wees aan die hemelgewelf om op die aarde lig te gee.” So het dit gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle moet daar wees as ligte aan die hemelgewelf om lig te gee op die aarde.” Dit het toe so gebeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die ligte in die hemeldak moet skyn op die aarde.” Dit het toe gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat die ligte aan die hemelruim ook elke dag vir die mense op die aarde lig gee.” En dit het so gebeur.