Genesis 1:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En om te heers oor die dag en oor die nag, asook om die lig van die duisternis te skei, en God het gesien dat dit goed was.
Afrikaans (NLV) 2011
die een in die dag en die ander in die nag en ook om lig en donkerte van mekaar te skei. God het gesien dat dit goed was.
Afrikaans 1933/1953
en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.
Afrikaans 1983
om oor dag en nag te heers en om lig en donker van mekaar te skei. En God het gesien dit is goed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en om te heers oor die dag en die nag, en om skeiding te maak tussen die lig en die donker. God het gesien dat dit goed is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en om in die dag te skyn of in die nag te skyn. Hulle moes lig en donker van mekaar skei. God het gesien dit is goed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
die grote oor die dag en die kleintjie oor die nag. So is die lig van die donkerte geskei. En God was baie tevrede met die son en die maan wat Hy gemaak het.