Genesis 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die aarde was sonder vorm en leeg. Duisternis was op die wêreldvloed en die Gees van God het op die waters gesweef.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die aarde was ’n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef.
Afrikaans 1933/1953
En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
Afrikaans 1983
Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die •oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar was niks op die aarde nie, niemand kon daar woon nie. Daar was net 'n groot see, en dit was baie donker. Die Gees van God het oor die water beweeg soos 'n sterk wind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Voor die skepping was alles eensaam en verlate. ’n Angswekkende donkerte het oor die bodemlose dieptes gehang. En ’n ongelooflike sterk wind het heeltyd oor die waters gewaai.