Genesis 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God het gesê: Laat die waters oorvloedig voortbring die ontroerende wesens wat lewe het, en voëls wat oor die aarde vlieg in die uitspansel van die hemel.
Afrikaans (NLV) 2011
God het verder beveel: “Laat die waters wemel van lewende wesens en laat voëls bo in die lug oor die aarde vlieg.”
Afrikaans 1933/1953
En God het gesê: Laat die waters wemel met 'n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.
Afrikaans 1983
Toe het God gesê: “Laat die waters krioel van lewende wesens, en laat daar voëls onder die hemelgewelf oor die aarde vlieg.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het gesê: “Laat die water wemel met lewende wesens, en laat voëls oor die aarde vlieg langs die hemelgewelf.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het gesê: “Daar moet baie diere in die water wees en daar moet voëls onder die hemeldak vlieg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het gesê: “Laat die waters wemel van alle soorte seediere en laat die voëls oor die lengte en die breedte van die hemelruim rondvlieg.”