Genesis 1:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God het groot walvisse gemaak en al die lewende wesens wat beweeg, wat die waters in oorvloed voortgebring het, volgens hulle soorte, en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte; en God het gesien dat dit goed was.
Afrikaans (NLV) 2011
God het die groot seediere geskep, al die verskillende soorte wesens wat in die water lewe, asook al die baie soorte voëls. God was tevrede met wat Hy gesien het.
Afrikaans 1933/1953
En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
Afrikaans 1983
God het die groot seediere geskep en al die ander lewende wesens waarvan die waters krioel, almal na hulle aard; ook al die voëls na hulle aard. En God het gesien dit is goed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het volgens hulle aard die groot seediere geskep en al die lewende wesens wat rondbeweeg, waarvan die water wemel, en alle vlieënde voëls, volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het die groot seediere gemaak, en alles wat in die see lewe. Hy het ook al die verskillende soorte voëls gemaak. God het gesien dit is goed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het toe die groot seediere gemaak, so ook alle diere wat in die waters leef. God het ook elke denkbare soort voël gemaak. Hy was baie tevrede met al die seediere en voëls wat Hy gemaak het.