Genesis 1:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.
Afrikaans (NLV) 2011
God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar, vermeerder en vul die oseane en laat die voëls op die aarde vermeerder.”
Afrikaans 1933/1953
En God het hulle geseënen gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.
Afrikaans 1983
Toe het God hulle geseën: “Wees vrugbaar, word baie en bewoon al die waters van die see. En laat die voëls baie word op land.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar, word meer en vul die water in die seë; en laat die voëls meer word op die land.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het die diere in die see en die voëls geseën. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet meer word, en die see moet vol diere wees. Daar moet ook baie voëls op die aarde wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het hulle geseën en gesê: “Wees vrugbaar en word baie. Maak nou die water van die see vol met allerhande soorte seediere. En laat die hemelruim en die aarde vol swerms voëls wees.”