Genesis 1:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee en kruipende diere en diere van die aarde volgens hulle soorte; en dit het so gebeur.
Afrikaans (NLV) 2011
God het weer beveel: “Laat die aarde allerlei soorte diere oplewer: mak diere, diere wat kruip en wilde diere — almal na eie aard.” Dit het presies so gebeur.
Afrikaans 1933/1953
En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so.
Afrikaans 1983
Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het gesê: “Laat die land lewende wesens voortbring volgens elkeen se aard: mak diere, kruipende diere en wilde diere van die land, volgens elkeen se aard.” Dit het toe so gebeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het gesê: “Daar moet baie soorte diere op die aarde wees — mak diere, diere wat kruip en wilde diere.” Dit het toe gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het gesê: “Laat die aarde verskillende soorte diere oplewer: alle soorte klein- en grootvee, kruipende dinge en wilde diere.” En dit was so.