Genesis 1:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God het die mens geskape na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
Afrikaans (NLV) 2011
God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep.
Afrikaans 1933/1953
En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
Afrikaans 1983
God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het die mens geskep na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskep, manlik en vroulik het Hy hulle geskep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het toe die mens gemaak om in sy plek te regeer. Hy het die mens gemaak om in sy plek hoof te wees. Hy het die mense so gemaak dat daar mans en vroue is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het toe die mens gemaak. En dié mens het iets van God in hom gehad. Dié mens het soos God gelyk. God het ’n man en ’n vrou gemaak.