Genesis 1:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God het gesê: Kyk, Ek gee julle al die plante wat saad dra, wat op die hele aarde is, en al die bome wat vrugte dra en wat saad gee; vir julle moet dit voedsel wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Verder sê God: “Let op, Ek het aan julle al die plante wat saad dra, gegee en al die bome wat vrugte en saad gee. Dit is vir julle om van te eet.
Afrikaans 1933/1953
Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.
Afrikaans 1983
Verder het God gesê: “Let op! Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die bome wat vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het gesê: “Kyk, Ek gee vir julle al die gewasse wat saad dra, wat op die oppervlakte van die hele aarde is, en al die bome waaraan daar vrugte is, wat saad dra. Vir julle sal dit as voedsel dien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het gesê: “Ek gee nou vir julle al die plante wat saad dra op die hele aarde, en al die bome wat vrugte en saad dra. Dit is die kos wat julle mag eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het verder gesê: “Kyk, Ek gee jou elke plant wat saad dra asook elke vrugteboom op aarde as jou kos.