Genesis 1:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar aan al die diere van die aarde en aan al die voëls van die hemel en aan al die diere wat op die aarde kruip, waarin daar lewe is, het Ek al die groen plante as voedsel gegee. Dit het so gebeur.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die groen gras en plante gee Ek aan al die diere op die aarde, die voëls in die lug en die klein diertjies wat op die aarde kruip.” Dit het so gebeur.
Afrikaans 1933/1953
Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin 'n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.
Afrikaans 1983
Maar aan die wilde diere op die aarde en aan die voëls in die lug en aan die diere wat op die aarde kruip, aan alles wat leef, gee Ek al die groen plante as kos.” So het dit gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En vir al die diere van die aarde en vir al die voëls van die hemel en alles wat rondbeweeg op die aarde waarin lewensasem is, gee Ek al die groen gewasse as voedsel.” Dit het toe so gebeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die gras en die groen plante is kos vir al die wilde diere, vir die voëls en al die ander diere wat op die aarde lewe.” Dit het gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En vir al die diere op die land, al die voëls in die lug en al die diere wat op die aarde kruip, gee Ek die groen plante. Dit sal hulle kos wees.” En dit was so.