Genesis 1:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God het na alles gekyk wat Hy gemaak het, en gesien dit was baie goed. Dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
Afrikaans (NLV) 2011
God het na sy handewerk gekyk en dit was uitstekend goed. Dit alles het God op die sesde dag gemaak.
Afrikaans 1933/1953
Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en -- dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
Afrikaans 1983
Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het na alles gekyk wat Hy gemaak het, en kyk, dit was baie goed. En dit was aand en dit was oggend – die sesde dag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het toe gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en daarna het dit oggend geword. Dit was die sesde dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het alles wat Hy gemaak het, goed bekyk en Hy was baie tevrede daarmee. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die sesde dag van die skepping.