Genesis 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God het die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel was, geskei van die waters wat bo die uitspansel was.
Afrikaans (NLV) 2011
So het God die hemelkoepel gemaak wat die water bokant die aarde skei van die water onder op die aarde. Dit het alles net so gebeur.
Afrikaans 1933/1953
God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.
Afrikaans 1983
So het dit gebeur. God het die gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het die gewelf gemaak, en Hy het die water wat onder die gewelf was, geskei van die water wat bo die gewelf was. Dit het toe so gebeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit het toe gebeur. God het die hemeldak gemaak en Hy het die water onder die dak geskei van die water bo die dak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het toe hierdie soliede struktuur gemaak. Dit het die ontsaglike massas waters onder en bo die aarde uitmekaargehou.