Genesis 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God het die uitspansel hemel genoem, en dit was aand en dit was môre, die tweede dag.
Afrikaans (NLV) 2011
God noem toe die blou koepel “hemel”. Dit het op die tweede dag gebeur.
Afrikaans 1933/1953
En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.
Afrikaans 1983
God het die gewelf “hemel” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die tweede dag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het die gewelf hemel genoem. En dit was aand en dit was oggend – 'n tweede dag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het die ronde dak “hemel” genoem. Dit het aand geword en daarna het dit oggend geword. Dit was die tweede dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het hierdie blou struktuur in die lug “hemel” genoem. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die tweede dag van die skepping.