Genesis 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het God gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek versamel word, en laat die droë land verskyn.” En dit was so.
Afrikaans (NLV) 2011
God het beveel: “Laat die water op die aarde op een plek bymekaarkom sodat die droë grond te voorskyn kan kom!” Dit het presies so gebeur.
Afrikaans 1933/1953
En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.
Afrikaans 1983
Toe het God gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek bymekaarkom sodat die droë grond sigbaar word.” So het dit gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het gesê: “Laat die water wat onder die hemel is, op een plek bymekaarkom, sodat die droë grond sigbaar word.” Dit het toe so gebeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het gesê: “Die water onder die hemel moet bymekaarkom op een plek, sodat daar ook grond kan wees.” Dit het toe gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het verder gegaan en gesê: “Laat al die water onder die hemelruim op een plek bymekaarkom sodat daar ook droë land sal wees.” En dit was so.