Genesis 13:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Tot by die plek van die altaar wat hy eers daar gemaak het; en Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.
Afrikaans (NLV) 2011
Dis die plek waar Abram destyds die altaar gebou het. Hier het hy weer die Here aanbid.
Afrikaans 1933/1953
na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.
Afrikaans 1983
die plek waar hy vroeër 'n altaar gebou het. Daar het Abram die Naam van die Here aangeroep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
die plek van die altaar wat hy voorheen daar gebou het. Daar het Abram die Naam van die Here aangeroep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit was die plek waar hy voorheen 'n altaar gebou het. Abram het die Here daar aanbid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dis dieselfde plek waar hy destyds vir die eerste keer ’n altaar vir die Here gebou het. Daar het hy na die Here geroep in gebed.