Genesis 14:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Abram het aan die koning van Sodom gesê: Ek het my hand opgehef tot die HERE, die Allerhoogste God, wat hemel en aarde besit,
Afrikaans (NLV) 2011
Abram antwoord hom toe: “Ek het die Here, God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde, plegtig belowe
Afrikaans 1933/1953
Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,
Afrikaans 1983
Maar Abram het hom geantwoord: “Ek het my hand opgelig en 'n eed afgelê voor die Here, voor God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Abram het vir die koning van Sodom gesê: “Ek hef my hand op na die Here God, die Allerhoogste, skepper van die hemel en die aarde:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Abram het vir die koning van Sodom gesê: “Die Here, die Hoogste God, wat die hemel en die aarde gemaak het, is my getuie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Abram het toe vir die koning van Sodom gesê: “Nooit aste nimmer nie. Ek het by die Here, die allerhoogste God, die Skepper van die hemel en die aarde, gesweer dat ek niks van u sal vat nie,