Genesis 16:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Keer terug na jou meesteres en onderwerp jou aan haar hande.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê die engel van die Here vir haar: “Gaan terug na jou meesteres toe en wees aan haar onderdanig.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.
Afrikaans 1983
en die Engel van die Here sê vir haar: “Gaan terug na jou eienares toe en onderwerp jou aan haar gesag.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê die Engel van die Here vir haar: “Gaan terug na jou meesteres en onderwerp jou aan haar gesag.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Engel van die Here sê toe vir haar: “Jy moet teruggaan na Sarai toe en gehoorsaam wees aan haar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here se Engel sê toe vir haar: “Gaan terug na daardie plek toe waar jy nie wil wees nie. Gaan terug na jou eienares en doen wat sy vir jou sê.