Genesis 18:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê: Laat die HERE tog nie toornig wees nie, en ek sal nog net hierdie een keer spreek: Miskien sal tien daar gevind word. En hy sê: Ek sal dit ter wille van tien nie vernietig nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Uiteindelik sê Abraham: “Here, moet tog nie kwaad word nie. Ek sal net nog hierdie een keer praat. Sê nou daar is net tien?” En die Here sê: “Ter wille van tien mense sal Ek dit nie verwoes nie.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.
Afrikaans 1983
Toe sê Abraham: “Moet tog nie kwaad word nie, Here! Ek wil nog net een keer praat; miskien word daar tien gekry.” En die Here sê: “Ook oor tien sal Ek dit nie verdelg nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê hy: “My Heer moet tog nie kwaad word nie! Ek wil nog net dié keer praat. Dalk word daar tien gevind.” Die Here het gesê: “Ter wille van die tien sal Ek dit nie verdelg nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê Abraham: “Moet asseblief nie kwaad word as ek nog hierdie laaste maal praat nie. Miskien is daar tien goeie mense.” En die Here het gesê: “Ek sal die stad nie verwoes nie as daar tien goeie mense is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En Abraham het ’n laaste keer gevra: “Here, moenie kwaad wees nie, maar as daar net tien is, wat dan?” En weer het die Here Abraham gerusgestel dat Hy die stad ter wille van hierdie tien sal spaar.

Recommended Reading