Genesis 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE God het die mens geneem en hom in die tuin van Eden gesit om dit te bewerk en te bewaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here God het die mens in die Tuin van Eden aangestel om dit te bewerk en te versorg.
Afrikaans 1933/1953
Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.
Afrikaans 1983
Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here God het die mens geneem en hom in die tuin van Eden geplaas om dit te bewerk en op te pas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here God het die mens in die Eden-tuin laat woon om daarin te werk en dit op te pas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here God het die mens in die tuin gesit sodat hy dit kon bewerk en oppas.