Genesis 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, mag jy nie eet nie, want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011
maar van die boom van kennis van reg en verkeerd mag jy nie eet nie. As jy daarvan eet, sal jy beslis sterf.”
Afrikaans 1933/1953
maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Afrikaans 1983
maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie, want die dag wanneer jy daarvan eet, sal jy beslis sterf.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
maar een boom se vrugte mag jy nie eet nie. Dit is die boom wat jou kan help om te weet wat goed is en wat sleg is. As jy van daardie vrugte eet, dan sal jy sterf. Dit is seker.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar is egter een boom waarvan jy nooit mag eet nie. Dit is die boom wat kennis gee van goed en kwaad. Die oomblik dat jy daarvan eet, word jou bestemming die dood.”