Genesis 2:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE God het gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie; Ek sal vir hom 'n hulp maak wat vir hom 'n gelyke sal wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna sê die Here God: “Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n metgesel maak, een soos hy.”
Afrikaans 1933/1953
Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.
Afrikaans 1983
Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here God het ook gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n helper maak, as sy gelyke.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here God het gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n maat maak wat hom kan help.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here God het verder gesê: “Dit is nie reg dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan bystaan en hom kan help.”