Genesis 2:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE God het uit die grond al die diere van die veld en al die voëls van die hemel gevorm; en hulle na Adam gebring om te sien hoe hy hulle sou noem; en wat Adam ook al elke lewende wese genoem het, dit was die naam daarvan.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe het die Here God uit die grond al die verskillende soorte diere en voëls gevorm. Daarop neem Hy hulle na die mens toe om te sien wat hy hulle sou noem. En die mens het vir elkeen ’n naam gegee,
Afrikaans 1933/1953
En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.
Afrikaans 1983
Die Here God het toe uit grond al die wilde diere en al die voëls gevorm en na die mens toe gebring om vas te stel hoe hy elkeen sou noem; en wat die mens elke lewende wese sou noem, dit sou sy naam wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe vorm die Here God uit die grond al die diere van die veld en al die voëls van die hemel, en Hy bring hulle na die mens om te sien wat hy hulle sou noem; en wat ook al die mens 'n lewende wese genoem het, dit was sy naam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here God neem toe grond en Hy maak al die diere op die land en al die voëls. Toe bring Hy al die diere en die voëls na die mens toe. Die Here God wou weet watter name die mens vir die diere sou gee. So het die diere hulle name gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here God het elke soort dier uit die grond gemaak asook al die voëls van die hemel. Hy het hulle na die mens toe gebring sodat hy vir hulle name kon gee. Watter naam hy ook al gegee het, so is daardie dier en voël genoem.