Genesis 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Adam het name gegee aan al die vee, al die voëls van die hemel en aan al die diere van die veld; maar vir Adam is daar geen hulp gevind wat vir hom geskik was nie.
Afrikaans (NLV) 2011
vir al die mak diere, die voëls en wilde diere. Hy kon egter onder hulle nie een kry wat soos hy is en vir hom ’n metgesel kon wees nie.
Afrikaans 1933/1953
So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.
Afrikaans 1983
Die mens gee toe name vir al die mak diere, die voëls en die wilde diere, maar vir homself het hy nie 'n helper, 'n gelyke, gekry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So het die mens name gegee vir al die mak diere en die voëls van die hemel en al die diere van die veld. Maar vir homself het hy nie 'n helper, as sy gelyke, gevind nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mens het name gegee vir al die mak diere, die voëls en die wilde diere, maar vir homself kon hy nie 'n maat kry om hom te help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die man het toe name aan al die mak diere, al die voëls en al die wilde diere gegee. Nie een was egter goed genoeg om hom te help nie.