Genesis 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE God het 'n diepe slaap op die mens laat val, en hy het geslaap;
Afrikaans (NLV) 2011
Toe het die Here God die mens baie diep laat slaap. Terwyl hy slaap, vat Hy een van die mens se ribbebene en vul die plek weer op met vleis.
Afrikaans 1933/1953
Toe het die HERE God 'n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.
Afrikaans 1983
Toe het die Here God 'n diep slaap oor die mens laat kom, sodat hy vas geslaap het. Die Here God neem toe 'n ribbebeen uit die mens, vul die plek met vleis op,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here God het toe die mens in 'n diep slaap laat val, en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vleis toegemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here God het toe die mens vas laat slaap. Hy het 'n rib uit die mens se bors gehaal, en Hy het die plek weer toegemaak waar Hy dit uitgehaal het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here God het die mens toe diep laat slaap. Terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbes gevat en die oop stuk met vleis toegemaak.