Genesis 2:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Adam: Dit is nou been van my gebeente en vlees van my vlees: sy sal Vrou genoem word, omdat sy uit die mens geneem is.
Afrikaans (NLV) 2011
“Uiteindelik is dit die regte metgesel!” sê die mens. “Sy is regtig deel van my. Sy sal ‘vrou’ genoem word, want sy is uit die man geneem.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.
Afrikaans 1983
Toe sê die mens: “Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy ‘vrou’ genoem word; sy is uit die man geneem.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê die mens: “Hierdie een is dié keer been uit my eie gebeente, vlees uit my eie vlees. Hierdie een sal vrou genoem word, want uit die man is sy geneem.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mens sê toe: “Nou het die Here iemand gebring wat 'n mens is soos ek. Haar liggaam kom uit my liggaam. Haar naam moet vrou wees, want sy kom uit die man.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mens het oorstelp van vreugde gesê: “Uiteindelik het ek iemand gekry wat net soos ek is en soos ek lyk, iemand met ’n liggaam net soos myne. Ek gaan haar ‘vrou’ noem, want sy is deel van my.”