Genesis 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Asook al die plante van die veld voordat dit in die aarde was, en al die plante van die veld voordat dit gegroei het, want die HERE God het dit nie op die aarde laat reën nie, en daar was niemand om die grond te bewerk nie.
Afrikaans (NLV) 2011
was daar nog geen struike of groen gras op die aarde nie, want die Here God het dit nog nie laat reën nie. Daar was nog nie ’n mens wat die grond kon bewerk nie.
Afrikaans 1933/1953
was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
Afrikaans 1983
was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie 'n mens om die grond te bewerk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
– geen struike van die veld was al op die aarde nie, en geen gewasse van die veld het al uitgespruit nie; want die Here God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was nie 'n mens om die grond te bewerk nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
was daar nog nie plante in die veld op die aarde nie. Daar het nog nie plante gegroei nie, want die Here God het nog nie reën op die aarde laat val nie. Daar was ook nog nie 'n mens wat in die grond kon werk nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar was nie ’n enkele plant in die grond nie en ook geen bossies in die veld nie. Alles was droog, want die Here God het nog nie reën op die aarde gestuur nie en daar was ook nog geen mens om die aarde te bewerk nie.