Genesis 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en die asem van die lewe in sy neus geblaas; en die mens het 'n lewende siel geword.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe vorm die Here God ’n menslike liggaam uit die stof van die aarde. Nadat Hy die asem van die lewe daarin geblaas het, het dit ’n lewende wese, die mens, geword.
Afrikaans 1933/1953
En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword.
Afrikaans 1983
Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
het die Here God die mens met stof uit die grond gevorm, en in sy neus die asem van lewe geblaas. So het die mens 'n lewende wese geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het die Here God stof geneem uit die grond en Hy het van die stof 'n mens gemaak. Die Here God het asem in die mens se neus geblaas, en die mens het begin lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het die Here God van die aarde se bogrond gevat en ’n mens daarvan gemaak. Hy het ook sy asem in die mens se neusgate geblaas en die mens het begin leef.