Genesis 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE God het verskillende bome uit die grond laat groei, pragtige bome met heerlike vrugte wat goed is om te eet. In die middel van die tuin het die boom van lewe gestaan, asook en die boom van kennis van goed en kwaad.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here God het ook verskillende soorte bome uit die grond laat opkom. Dit was mooi bome met heerlike vrugte. Die boom van die lewe het Hy in die middel van die tuin geplant en ook die boom van kennis van wat reg en verkeerd is.
Afrikaans 1933/1953
En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.
Afrikaans 1983
Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit, ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van alle kennis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here God het uit die grond allerhande bome laat uitspruit – 'n genoeë om na te kyk en goed om van te eet. Die boom van die lewe was in die middel van die tuin, en ook die boom van die kennis van goed en kwaad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here God het verskillende soorte bome uit die grond laat groei. Dit was mooi bome wat lekker vrugte gedra het. In die middel van die tuin was die boom wat lewe gee, en ook die boom wat vir mense die kennis kan gee sodat hulle sal weet wat goed is en wat sleg is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here God het verskillende bome uit die vrugbare tuin se grond laat opkom; pragtige bome met heerlike vrugte wat lekker is om te eet. In die middel van die tuin het die boom van die lewe gestaan asook die boom van kennis van goed en kwaad.