Genesis 23:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sara het gesterwe in Kirjat-Arba; dit is Hebron in die land Kanaän, en Abraham het gekom om oor Sara te treur en oor haar te ween.
Afrikaans (NLV) 2011
is sy by Kirjat-Arba dood. Dit is Hebron in die land Kanaän. Abraham het daar gerou en oor haar gehuil.
Afrikaans 1933/1953
En Sara het gesterwe in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän; en Abraham het gekom om oor Sara te rouklaag en haar te beween.
Afrikaans 1983
Sy is oorlede in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in Kanaän. Abraham het oor haar gaan rou en huil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sara het gesterf in die land Kanaän by Kirjat-Arba, dit is Hebron. Abraham het by die tent ingegaan om oor Sara te rou en oor haar te huil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy het gesterf in die stad Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän. Abraham het oor Sara gehuil en gerou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy is in Kirjat-Arba dood. Dit was ’n plek in Kanaän wat tot vandag toe Hebron genoem word. Abraham was hartseer oor Sara se dood en het lank oor haar gehuil.