Genesis 23:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Abraham het opgestaan voor sy dode en met die seuns van Het gespreek en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het haar lyk net so gelaat, na die leiers van die Hetiete toe gegaan en gesê:
Afrikaans 1933/1953
Daarna het Abraham opgestaan, van sy dode af weg, en met die seuns van Het gespreek en gesê:
Afrikaans 1983
Daarna het hy die lyk daar gelaat en vir die Hetiete gaan sê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het Abraham opgestaan van die plek by sy oorlede vrou. Hy het met die Hetiete gaan onderhandel en gesê:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarna het Abraham opgestaan en weggegaan van sy vrou se lyk. Hy het met die Hetiete gaan praat en vir hulle gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het hy met die begrafnisreëlings begin. Hy is na die Hetiete toe en het vir hulle gesê: