Genesis 24:57 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het gesê: Ons sal die meisie roep en haar mond raadpleeg.
Afrikaans (NLV) 2011
“Kom ons vra liewer wat Rebekka self dink,” sê hulle.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê hulle: Laat ons die dogter roep en haar self vra.
Afrikaans 1983
Hulle het geantwoord: “Kom ons roep die dogter en vra haar wat sy verkies.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle sê toe: “Kom ons roep die jong meisie, sodat ons dit uit haar eie mond kan verneem.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het gesê: “Kom ons roep die dogter en vra vir haar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Goed dan,” het hulle geantwoord. “Kom ons roep Rebekka en laat haar besluit.”