Genesis 27:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê sy vader Isak vir hom: Wie is jy? En hy sê: Ek is jou seun, jou eersgeborene Esau.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wie is jy dan?” vra Isak. “Maar dis ek, Esau, Pa se oudste seun!” antwoord hy.
Afrikaans 1933/1953
En sy vader Isak vra hom: Wie is jy? En hy antwoord: Ek is u seun Esau, u eersgeborene.
Afrikaans 1983
Toe vra sy pa Isak: “Wie is jy?” en hy antwoord: “Pa se seun Esau, Pa se oudste.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar sy vader Isak vra vir hom: “Wie is jy?” Waarop hy antwoord: “Ek is u seun, u eersgeborene, Esau.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Isak vra toe vir hom: “Wie is jy?” En hy antwoord: “Ek is jou oudste seun Esau.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Verskrik het Isak gevra: “Wie is jy dan?” Esau het geantwoord: “Ek is Esau, Pa se oudste kind.”