Genesis 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Ja, het God gesê: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Die slang was listiger as al die diere wat die Here God gemaak het. “Is dit regtig so?” vra hy vir die vrou. “Het God regtig gesê julle mag niks van die vrugte in die tuin eet nie?”
Afrikaans 1933/1953
Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
Afrikaans 1983
Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die slang was listiger as al die diere van die veld wat die Here God gemaak het. Hy het vir die vrou gevra: “Is dit werklik so dat God gesê het julle mag nie van enige boom in die tuin eet nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die slang was slimmer en skelmer as al die wilde diere wat die Here God gemaak het. Die slang het vir die vrou gevra: “Is dit waar? Het God gesê julle mag niks van die bome in die tuin se vrugte eet nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van al die wilde diere wat die Here God gemaak het, was die slang die skelmste en agterbaksste. Op ’n dag probeer hy die vrou uitoorlê deur vir haar te sê: “Ek hoor julle mag nie van die bome in die tuin eet nie. God het glo vir julle so gesê, of hoe?”