Genesis 3:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Adam sê: Ek het jou stem in die tuin gehoor, en ek was bang, want ek was naak; en ek het weggekruip.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan wegkruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.”
Afrikaans 1933/1953
En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.
Afrikaans 1983
En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het geantwoord: “Ek het U in die tuin hoor beweeg, en ek was bang, want ek is naak; toe het ek weggekruip.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mens het geantwoord: “Ek het gehoor U is in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe kruip ek weg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.”