Genesis 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE God sê vir die vrou: Wat is dit wat jy gedoen het? En die vrou sê: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarop vra die Here God vir die vrou: “Hoe kon jy so ’n ding doen?” “Die slang het my bedrieg,” antwoord sy. “Dis hoekom ek geëet het.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.
Afrikaans 1983
Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here God vra toe vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” Die vrou het geantwoord: “Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here God vra toe vir die vrou: “Wat het jy gedoen?” En die vrou sê: “Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here God vra toe vir die vrou: “Hoekom het jy dit gedoen?” Sy het geantwoord: “Dit is die slang se skuld. Hy het my om die bos gelei, toe het ek van die vrugte geëet.”