Genesis 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE God vir die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek bo al die vee en bo al die diere van die veld; op jou bek moet jy gaan, en stof sal jy eet al die dae van jou lewe.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê die Here God vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere op die aarde. Op jou pens sal jy seil en stof sal jy eet so lank as wat jy lewe.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.
Afrikaans 1983
En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê die Here God vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die mak diere en al die diere van die veld; op jou pens sal jy seil, en stof sal jy eet, solank jy leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê die Here God vir die slang: “Ek vervloek jou omdat jy dit gedoen het. Al die mak diere en die wilde diere sal nie vervloek wees nie, maar jý sal vervloek wees. Jy sal op die grond seil en jy sal stof eet totdat jy doodgaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here God sê toe vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek. Van al die wilde diere, ja, van almal in die dierewêreld sal dit met jou die heel slegste gaan. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet jou hele lewe lank.