Genesis 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vir die vrou het Hy gesê: Ek sal jou droefheid en jou swangerskap baie vermeerder; in droefheid sal jy kinders baar; en jou begeerte sal na jou man wees, en hy sal oor jou heers.
Afrikaans (NLV) 2011
Vir die vrou sê Hy: “Ek sal jou swangerskap moeilik maak; met pyn en lyding sal jy kinders in die wêreld bring. Jou begeerte sal na jou man wees, maar hy sal oor jou heers.”
Afrikaans 1933/1953
Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.
Afrikaans 1983
Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vir die vrou het Hy gesê: “Ek sal jou swaarkry met jou swangerskap baie erger maak; met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jou begeerte wees, maar hy sal oor jou heers.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry wanneer jy swanger is. Jy sal baie swaar kry wanneer jou kinders gebore word. Jy sal altyd jou man begeer. Jou man sal jou hoof wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vir die vrou het Hy gesê: “Wanneer jou kinders gebore word, sal jou pyn ondraaglik wees. Elke kind sal in die allergrootste pyn gebore word. Jy sal ook altyd na jou man bly verlang, hy sal jou oorheers.”