Genesis 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ook sal dit vir jou dorings en dissels voortbring; en jy moet die plante van die veld eet;
Afrikaans (NLV) 2011
Dit sal vir jou dorings en dissels oplewer en jy sal van die plante van die veld eet.
Afrikaans 1933/1953
Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.
Afrikaans 1983
die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
dorings en dissels sal dit vir jou laat uitspruit, en jy sal veldplante eet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar sal dorings en bossies uit die grond groei, en jy sal veldplante eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“En dan sal daar ook nog oral dorings en onkruid groei. Jy sal die plante van die veld moet eet.