Genesis 3:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Adam het die naam van sy vrou Eva genoem; want sy was die moeder van al die lewendes.
Afrikaans (NLV) 2011
Die mens het sy vrou Eva genoem omdat sy die moeder sou word van alle mense op die hele aarde.
Afrikaans 1933/1953
En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.
Afrikaans 1983
Die mens het sy vrou Eva genoem; sy was die moeder van al die mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die mens het sy vrou “Eva” genoem, want sy is die een wat die moeder geword het van almal wat lewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mens het sy vrou Eva genoem, want sy het die ma geword van al die mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die man het sy vrou Eva genoem, want uit haar is al die latere geslagte mense gebore.