Genesis 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE God het gesê: Kyk, die mens het geword soos een van Ons om goed en kwaad te ken; en nou dat hy nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en vir ewig lewe nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna sê die Here God: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hulle ook weet van goed en kwaad. Wat sal gebeur as hulle van die vrugte van die boom van die lewe vat en eet? Hulle sal dan vir altyd lewe!”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!
Afrikaans 1983
Toe het die Here God gesê: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken. As hy nou maar net nie sy hand uitsteek en die vrug van die boom van die lewe vat en daarvan eet en altyd bly lewe nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê die Here God: “Kyk, die mens het soos een van Ons geword deur goed en kwaad te ken. Nou moet hy net nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en vir altyd bly lewe nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê die Here God: “Die mens het nou soos een van Ons geword, want hy weet nou wat goed is en wat sleg is. Hy mag nie nou ook eet van die boom wat lewe gee nie, want dan sal hy altyd lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het God gesê: “Die mens het amper soos Ons geword. Hy weet nou wat die verskil tussen goed en kwaad is. Nou moet hy net nie ook nog die vrugte van die boom van die lewe eet nie, want dan leef hy vir altyd.”