Genesis 3:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het die HERE God hom uit die tuin van Eden uitgestuur om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here God het daarom die mens uit die Tuin van Eden weggestuur om die grond te gaan bewerk waaruit hy geneem is.
Afrikaans 1933/1953
Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
Afrikaans 1983
Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here God het hom toe weggestuur uit die tuin van Eden om die grond waaruit hy geneem is, te gaan bewerk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die Eden-tuin. Hy moes werk in die grond waarvan God hom gemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom het God hom uit die tuin van Eden weggejaag. Hulle moes elders die grond gaan bewerk, dieselfde grond waaruit hulle gemaak is.