Genesis 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want God weet dat die dag as julle daarvan eet, julle oë geopen sal word, en julle soos gode sal wees deur goed en kwaad te ken.
Afrikaans (NLV) 2011
“God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.”
Afrikaans 1933/1953
maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.
Afrikaans 1983
maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar God weet dat die dag wanneer julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan. Dan sal julle word soos God, wat goed en kwaad ken.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het dit gesê omdat Hy weet dat as julle daarvan eet, dan sal julle alles verstaan. Julle sal soos God word en julle sal weet wat is goed en wat is sleg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God is net bang. Hy weet as julle daarvan eet, sal julle oë oopgaan en sal julle soos Hy word. Julle sal dan goed en kwaad uit mekaar kan ken.”