Genesis 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het die stem van die HERE God hoor loop in die tuin in die koelte van die dag, en Adam en sy vrou het hulle weggesteek vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.
Afrikaans (NLV) 2011
Teen die aand hoor hulle hoe die Here God in die tuin loop. Hulle kruip toe weg tussen die bome.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.
Afrikaans 1983
Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle hoor toe die geluid van die Here God wat in die tuin rondstap in die middagkoelte. Die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mens en sy vrou het gehoor die Here God loop in die tuin. Dit was aand, en die wind het gewaai. Die mens en sy vrou het toe vir die Here God weggekruip tussen die bome in die tuin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Teen sononder se kant het die Here God in die tuin rondgeloop. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip.