Genesis 31:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: Is daar nog 'n deel of erfdeel vir ons in die huis van ons vader?
Afrikaans (NLV) 2011
Ragel en Lea sê toe: “Ons stem saam! Hier is niks meer vir ons oor nie en ons sal niks van ons pa se rykdom erf nie.
Afrikaans 1933/1953
Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: Het ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader?
Afrikaans 1983
Daarop het Ragel en Lea vir Jakob gesê: “Ons het nie meer enige aandeel aan ons vaderhuis nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ragel en Lea het daarop geantwoord en vir hom gesê: “Het ons nog enige aandeel aan of erfenis in die huis van ons pa?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ragel en Lea sê toe vir Jakob: “Ons sal niks van ons pa erf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Ragel en Lea alles gehoor het, het hulle gesê: “Is ons nog deel van ons pa en sy familie? Wag daar vir ons nog ’n erfporsie? Of het ons pa ons al lankal eenkant toe gestoot?