Genesis 32:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy het gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
U het tog mos belowe om vir my goed te wees en om my nageslag te vermeerder sodat hulle so baie sal wees soos die sand by die see — te veel om te tel.”
Afrikaans 1933/1953
U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.
Afrikaans 1983
U het my tog beloof: Ek sal beslis goed doen aan jou, Ek sal jou nageslag so baie maak soos die sand van die see, wat nie getel kan word nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het self gesê, ‘Ek sal beslis aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see, wat vanweë die hoeveelheid nie getel kan word nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, U het belowe en vir my gesê: ‘Ek sal goed wees vir jou. Ek sal jou nageslag so baie maak soos die sand van die see. Dit is so baie dat 'n mens dit nie kan tel nie.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En nou, Here, vra ek u hulp. Esau is op pad en ek is baie bang. Red my uit sy hande. Ek is bang hy maak my dood en sommer ook al die vroue en kinders.
Recommended Reading